
MOLATEK het na ’n beskeie begin sy mark uitgebrei en sy gehalteprodukte word nou met groot welslae deur boere in die hele SUID-AFRIKA, NAMIBIA en BOTSWANA gebruik. Deeglike gehaltebeheer in ’n eie laboratorium verseker dat produkte van hoogstaande gehalte volgens voorgeskrewe spesifikasies vervaardig word.
MOLATEK probeer om voer komponente wat nie op die plaas beskikbaar is nie, in maklik mengbare vorm, naamlik in konsentrate, aan die produsent te verskaf.
Ander komponente, soos graan en ruvoer kan deur die boer self ingemeng word.
Op die wyse kan die veeboer koste bespaar en ook beheer oor die gehalte van sy voer verkry.
MOLATEK se melasse-gebaseerde konsentrate verseker smaaklikheid, voedsaamheid en voorkom stowwerigheid.
Die hanteerbaarheid van sekere veevoerprodukte was nog altyd ’n probleem. MOLATEK se melassevoere is egter besonders omdat dit maklik meng, ten spyte van die hoë melassevlakke.
Die goeie mengbaarheid van MOLATEK voere kan toegeskryf word aan die suikerrietpit, wat as draer gebruik word om melasse te absorbeer.
|
|
|

|
|

|
| |
|

|
| |
| |
|

|

|

|
|
Deel 1 (Bladsy 1-18)
|
Deel 2 (Bladsy 19-40)
|
Deel 3 (Bladsy 41-63)
|