Welkom by Molatek
PRESTASIE, KUNDIGHEID EN DIENS VIR WINSGEWENDE VEEBOERDERY
 

 Molatek en Epol - een verkoopspan …

Molatek en Epol het onlangs saamgesmelt en staan vanaf 1 Julie 2015 bekend as RCL Foods Sugar & Milling (Pty) Ltd. As RCL Foods beskik ons nou oor ‘n meer uitgebreide produkreeks waarby kliënte in die toekoms kan baat. Die twee handelsmerke, Epol en Molatek, gaan nog steeds afsonderlik bemark word, maar die voordeel is dat EEN, groter verkoopspan jou sal bedien. (Kyk nuwe Verkoopspan en Meer oor ons: Molatek & Epol = groter en beter).

Voorkeur veevoerverskaffer …

Sedert die laat tagtigerjare het Molatek, as vervaardiger en kleinhandelaar van melasse-gebaseerde veevoer, een van die leidende veevoermaatskappye in Suid-Afrika geword en het ons ons kliënte en hul behoeftes nog altyd eerste gestel. Nou, met Epol se graangebaseerde produkte wat ook bygekom het en boonop ‘n groter verkoopspan, weet ons dat ons ook in die toekoms, as RCL Foods, ons kliënte se behoeftes sal kan bevredig. 

'n Wye reeks produkte …

Molatek vervaardig en bemark 'n wye reeks konsentrate, energievoere en lekke aan die veebedryf. Produkontwikkeling en die identifisering van markgeleenthede het juis daartoe gelei dat ons in 2011 ook tot die vervaardiging en bemarking van 'n volledige reeks lek blokke toegetree het.

Top prestasie en winsgewendheid …

Deur te fokus op produkkwaliteit wat gesetel is in die gebruik van top kwaliteit grondstowwe en noukeurige vervaardigingsprosesse, verseker Molatek dat produkte wat aan die veeboer gelewer word, nie net bydra tot sy diere se top prestasies nie, maar dat dit ook bydra tot verhoogde winsgewendheid. Getrou tot ons slagspreuk van "Prestasie, Kundigheid en Diens vir Winsgewende Veeboerdery", kan veeboere met 'n geruste hart op ons nommer druk, want een ding is seker … Molatek se produkte sal aanhou om 'n belangrike rol in die groei, gesondheid en kondisie van hul diere te speel.

 
www.rclfoods.com