DRYVELD 46
 

 

Dryveld 46 is ’n spesifiek-geformuleerde, melasse-gebaseerde proteїen-spoormineraal aanvulling om die prestasie van beeste op droё winterweiding te verbeter. Dryveld 46 stimuleer ruvoerinname van diere en beperk so wintermassa verliese. Dryveld 46 bevat spoorminerale wat tot verhoogde konsepsie en kalfpersentasies lei. Dryveld 46 word aan droë sowel as lakterende diere op oesreste en vir droë diere op gespaarde veld/hooi/kuilvoer verskaf. Vir lakterende diere op droë winterveld kan Dryveld 46 gemeng word met graan en as ’n produksielek aangewend word. Dryveld 46 help om droë galsiek te voorkom.

 


  AANBEVOLE INNAME

Beeste g/dag 1000 - 1500