DROËKOEIMENGSELS
  PRO 16
 

PRO 16 bevorder inname wat krities is tydens die oorgangsfase. Dit verseker ook ekonomiese droëkoei-voorbereiding met die insluiting van anioonsoute om melkkoors tydens kalf te voorkom. PRO 16 bevat hoë vlakke van natuurlike proteïene en energie (9,5 MJ ME/kg), asook die unieke eienskap dat dit 'n groeibevorderaar bevat wat weidings-/ruvoervertering asook die energiebenutting daaruit, verbeter. PRO 16is 'n uitstekende aanvulling vir die uitgroei van speenkalwers en -lammers op groenbemeste weidings.

 

  AANBEVOLE INNAME

Speenkalwers g/dag 1 000 - 2 000
Speenlammers g/dag 300 - 400

Aanwending van Molatek PRO 16 tydens die droë periode.

Laat toe vir 'n droë periode van 42–60 dae.

Eerste 21–40 dae

Gedurende die eerste 21–40 dae word 'n medium tot goeie kwaliteit ruvoer (hooi, weiding, kuilvoer, ens) ad lib voorsien. Gedurende hierdie stadium is die gebruik van ruvoere wat laag in kalium (K) is voordelig, maar nie krities nie. Handhawing van kondisie is hier belangrik. Koeie wat in 'n swak kondisie opdroog kan addisionele voeding ontvang. Verskaf 1,5–2 kg Molatek PRO 16 per koei per dag.

Laaste 2–3 weke voor kalf (Opstoom)

Tydens die laaste drie weke, moet goeie kwaliteit ruvoer, met 'n lae K-inhoud ad lib verskaf word. Inname van K en NaCl (sout) moet tot die minimum beperk word.

  PRO 16-MENGSELS – LAASTE 2–3 WEKE VOOR KALF (OPSTOOM)
  MENGINSTRUKSIES

 
MENGSEL 1 MENGSEL 2 MENGSEL 3
DAIRY MASTER- KONSENTRAAT kg **** 150 ****
PRO 16 kg 400 440 400
MIELIEMEEL / HOMINY CHOP kg 400 400 400
MOLATEK BYPASS kg **** **** 150
TOTAAL kg 800 990 950

  SAMESTELLING

 
MENGSEL 1 MENGSEL 2 MENGSEL 3
PROTEÏEN g/kg 130 157 150
VOG g/kg 105 108 105
UREUM g/kg 15,8 17,1 13,3
VESEL g/kg 75 90 75
KALSIUM g/kg 5,5 9,5 5,5
FOSFOR g/kg 4 5 4,4

  AANBEVOLE INNAME

Koeie kg/dag 4-5 4-5 4-5

VOERINSTRUKSIES

Dié diëte bied 'n hoër kwaliteit droëkoeimeel met genoegsame nie-strukturele koolhidraatstysel om rumenpapillae te verleng vir beter absorbsie van nutriënte na kalf.
Die hoeveelheid droëkoeimeel wat gevoer word, kan varieer na gelang van onder andere ruvoerkwaliteit, ras,
liggaamsmassa en kondisie.
Vir top produseerder word aanbeveel dat 4–5 kg van die droëkoeimeel vanaf 21 dae voor kalf en 5–6 kg vanaf 10 dae voor kalf tot en met kalf, verskaf word.
Die droëkoeimeel word ad lib saam met 10–12 kg nat mieliekuilvoer plus goeie kwaliteit grashooi/kleingraanhooi, of slegs saam met goeie kwaliteit hooi ad lib gevoer. Geen lusern moet gedurende hierdie periode gebruik word nie!