BACKGROUND 18
 

Background 18 is 'n uitstekende hoëkwaliteit-proteïen- en hoë-energieproduk wat by uitstek geskik is vir die uitgroei en moontlike afronding van jong diere asook die "backgrounding" van voerkraalkalwers op goeie kwaliteit groenweidings. Dié produk kan ook met groot sukses aangewend word vir onder andere lakterende koeie, die uitgroei van verse, eerstekalfverse en Fase D-bulle op goeie kwaliteit groenweidings. Background 18 bevat medikamente om voeromset en groei te verbeter.

  AANBEVOLE INNAME

BEESTE g/dag 1 000 – 2 000
SKAPE g/dag 300 – 400