Aanwending van Molatek PRO 16 tydens die droë periode. Laat toe vir 'n droë periode van 42–60 dae. Eerste 21–40 dae Gedurende die eerste 21–40 dae word 'n medium tot goeie kwaliteit ruvoer (hooi, weiding, kuilvoer, ens) ad lib voorsien. Gedurende hierdie stadium is die gebruik van ruvoere wat laag in kalium (K) is voordelig, maar nie krities nie. Handhawing van kondisie is hier belangrik. Koeie wat in 'n swak kondisie opdroog kan addisionele voeding ontvang. Verskaf 1,5–2 kg Molatek PRO 16 per koei per dag. Laaste 2–3 weke voor kalf (Opstoom) Tydens die laaste drie weke, moet goeie kwaliteit ruvoer, met 'n lae K-inhoud ad lib verskaf word. Inname van K en NaCl (sout) moet tot die minimum beperk word.
|