PRODUKTE - BEES- EN SKAAPONDERHOUDS- EN PRODUKSIELEKMENGSELS - KONDISIELEK
 
  BEES- EN SKAAPONDERHOUDS- EN PRODUKSIELEKMENGSELS

MASSA 50 kg
KLAS: PROTEÏEN-SPOORMINERAALAANVULLING VIR HERKOUERS
REGISTRASIENR. V 17730 WET 36/1947 N-FF 1515

Molatek Kondisielek kan baie suksesvol aangewend word waar beeste en skape saam wei. Hierdie lek sal ook beter lekinnames verseker by verse waarvan die lekinnames op die normale winterlekke te laag is, of by beeste op mielie-oesreste. Dit is 'n ekonomiese aanvulling van proteïen (RDP), minerale en spoorminerale vir veral vleisrasskape op winterveld of lae-kwaliteit ruvoer. Kondisielek is 'n uitstekende oorgangslek wat kondisie in stand sal hou. Indien die kondisie van beeste nie na wense is nie, is dit raadsaam om 'n produksielek soos Kondisielek twee maande voor die droëweidingstydperk te gee.


  SAMESTELLING

PROTEÏEN Min g/kg 250
VANAF NPN   % 85
UREUM Maks g/kg 60,14
VESEL Maks g/kg 120
VOG Maks g/kg 120
KALSIUM Maks g/kg 15
FOSFOR Min g/kg 5
MAGNESIUM   g/kg 4
SWAEL   g/kg 10
KALIUM   g/kg 18
KOPER   mg/kg 40
MANGAAN   mg/kg 500
SINK   mg/kg 500
KOBALT   mg/kg 1
JODIUM   mg/kg 11
YSTER   mg/kg 500
SELEEN   mg/kg 4,5
ME (beraam)   MJ/kg 8,0
VITAMIEN A   IE/kg 12 000

UREUMWAARSKUWING
Hierdie dierevoedsel bevat 'n NPN-bron.
Meng en voer streng volgens voorskrifte.

WAARSKUWING EN VOERAANWYSINGS
(sien aanwysings op sak)

  AANBEVOLE INNAME

Beeste g/dag 600 - 800
Skape g/dag 150 - 250

  KONDISIELEK – PRODUKSIE- EN OORGANGSLEKKE - MENGINSTRUKSIES

 
PRODUKSIELEK OORGANGSLEK
KONDISIELEK kg 100 150
MELASSEMEEL / GRAAN kg 80 -
P12 kg - 50
TOTAAL kg 180 200

  SAMESTELLING

 
PRODUKSIELEK OORGANGSLEK
PROTEÏEN g/kg 170 187,5
UREUM g/kg 33,41 45,11
KALSIUM g/kg 8,8 71,3
FOSFOR g/kg 4,0 33,8
ME (beraam) MJ/kg 9,7 -

  AANBEVOLE INNAME

Skape g/dag 300 - 400 -
Beeste g/dag 1 500 - 2 000 350 - 450