PRODUKTE - ENERGIE - MELASSEMEEL
 
  ENERGIE
BÊRE IN ’N KOEL, DROË PLEK
MASSA 40 kg

KLAS: ENERGIE-AANVULLING
REGISTRASIENR. V 7264 WET 36/1947 N-FF 0666

Molatek Melassemeel is saamgestel uit 75% hoëgehalte melasse wat op 25% suikerrietpit geabsorbeer is. Dit is baie smaaklik, stimuleer die inname van volvoere, bind stowwerigheid en beperk windverliese. Melassemeel is ook ryk aan maklik-verteerbare energie, sekere van die B-vitamines en minerale, en 'n ideale energievervanger vir 'n gedeelte van grane in tuisvermengde herkouerkragvoer, volvoere en lekke.

DIE AANWENDING VAN MOLATEK MELASSEMEEL:

Molatek Melassemeel vir perde
Twee (2) kg per perd per dag saam met goeie weiding of ruvoer, voorsien 'n uitstekende energierantsoen. Op swak weiding en ruvoer en om proteïentekorte aan te vul, behoort 'n halwe kg sonneblom- of sojaboon-oliekoek per dag saam met Melassemeel gevoer te word.
Molatek Melassemeel vir voerkrale
In beesvoerkrale kan tot 25% en in skaapvoerkrale tot 15% melassemeel in rantsoene ingesluit word om dit meer smaaklik te maak. Dit dra ook by tot die energie in die rantsoen en bind die stowwerigheid. Rantsoene vermeng met Melassemeel vergemaklik aanpassing van diere.
Molatek Melassemeel vir melkerye
In selfgemengde plaasrantsoene met eie grondstowwe of hoë proteïenkonsentrate sal die insluiting van melassemeel die rantsoen meer aanvaarbaar maak, terwyl dit terselfdertyd hoër innames verseker. Jong diere se energiebehoeftes kan hoofsaaklik deur melassemeel-gebaseerde rantsoene bevredig word. Melassemeel kan tot 15% in melkbees- en kalfrantsoene ingemeng word.

 

  SAMESTELLING

PROTEÏEN Min g/kg 40
VOG Maks g/kg 150
KALSIUM Maks g/kg 13
VESEL Maks g/kg 100
ME (beraam)   MJ/kg 10,5