PRODUKTE - NATUURLIKE PROTEÏENKONSENTRAAT - BYPASS
 
  NATUURLIKE PROTEÏENKONSENTRAAT

UREUM-VRYE KONSENTRAAT
MASSA 50 kg

KLAS: PROTEÏENKONSENTRAAT VIR HERKOUERS
REGISTRASIENR. V 21556 WET 36/1947 N-FF 2425

Herkouers se aminosuurbehoeftes hou direk verband met fisiologiese funksies soos vleisgroei, wolgroei en laktasie. Die strategie wat Molatek volg, is dus om die aminosuursamestelling wat diëte in die laer spysverteringskanaal sal lewer te evalueer. Hiervolgens is 'n kombinasie van deurvloei-proteïenbronne in Molatek Bypass ingesluit om die aminosuurtekorte aan te vul.

Die aanvulling van deurvloei-proteïenbronne wat die mikrobiese proteïen komplementeer sal dus beeste en skape se produksie onder intensiewe produksietoestande soos wat in die voerkraal voorkom, aansienlik verbeter.

Molatek Bypass bevat 30% ruproteïen met 40% wat as deurvloeiproteïen gebruik word.
'n Kombinasie van vier proteïenbronne word gebruik.
Die essensiële aminosuurprofielbehoefte en -tekorte van herkouers is in aanmerking geneem met die kombinasie van die proteïenbronne.

Aanwending van Molatek Bypass:

Aanvangsrantsoene in die voerkraal by ligte kalwers en lammers. (Vir meer inligting sien ook Beesvet 33+, Voerkraalkonsentraat, en Skaapvetmes- / Kalfkonsentraat)
In bul/ram uitgroeirantsoene en -aanvullings. (Vir meer inligting sien ook Beesvet 33+, Voerkraalkonsentraat, en Skaapvetmes- / Kalfkonsentraat)
Kruipvoermengsels. (Skaapvetmes- / Kalfkonsentraat)
Suiwelrantsoene

 

  SAMESTELLING

VOG Maks g/kg 120
PROTEÏEN Min g/kg 300
VESEL Maks g/kg 120
VET Min g/kg 25
KALSIUM Min/Maks g/kg 5/10
FOSFAAT Min g/kg 6