PRODUKTE - PRODUKSIE AANVULLINGS - BACKGROUND 18
 
  PRODUKSIE-AANVULLINGS

MASSA 40 kg

KLAS: PROTEÏEN-ENERGIE-SPOORMINERAALAANVULLING VIR HERKOUERS
REGISTRASIENR. V 21955 WET 36/1947

Background 18 is 'n uitstekende hoëkwaliteit-proteïen- en hoë-energieproduk wat by uitstek geskik is vir die uitgroei en moontlike afronding van jong diere asook die "backgrounding" van voerkraalkalwers op goeie kwaliteit groenweidings. Dié produk kan ook met groot sukses aangewend word vir onder andere lakterende koeie, die uitgroei van verse, eerstekalfverse en Fase D-bulle op goeie kwaliteit groenweidings. Background 18 bevat medikamente om voeromset en groei te verbeter.


  SAMESTELLING

PROTEÏEN Min g/kg 180
VANAF UREUM   % 63,78
VANAF ANDER NPN   % 5,17
UREUM Maks g/kg 40
ANDER NPN Maks g/kg 7
VESEL Maks g/kg 100
VOG Maks g/kg 120
VET Maks g/kg 25
KALSIUM Min/Maks g/kg 5/10
FOSFAAT Min g/kg 5,4
SWAEL   g/kg 4
MAGNESIUM   g/kg 3
KALIUM   g/kg 1,8
KOPER   mg/kg 40
MANGAAN   mg/kg 150
SINK   mg/kg 150
KOBALT   mg/kg 1,1
JODIUM   mg/kg 2,4
YSTER   mg/kg 180
SELEEN   mg/kg 1
ME (beraam)   MJ/kg 9,5
VITAMIEN A   IE/kg 15 000

 

UREUMWAARSKUWING
Hierdie dierevoedsel bevat 'n NPN-bron.
Meng en voer streng volgens voorskrifte.

WAARSKUWING EN VOERAANWYSINGS
(sien aanwysings op sak)

 

  AANBEVOLE INNAME

BEESTE g/dag 1 000 – 2 000
SKAPE g/dag 300 – 400