Voeding se effek op wolproduksie en kwaliteit

Products
Energy
Molasses Meal
Natural Protein Concentrate
Bypass
Fattening
Beef Fat 33+
Feedlot Concentrate
Sheep Fattening/Calf Concentrate
Dairy
Dairy Master Concentrate
Pro 16
Sheep Fattening/Calf Concentrate
Cattle and Sheep Maintenance and Production Lick Mixtures
Condition Lick
Dryveld 46
Foslick
Lick Mix 87
Protein Lick 40
Winlick 50
Winter Veld Concentrate
Wool Master Concentrate
Wool Sheep Lick 28
Production Supplements, Energy, Finishing and Rearing on Green Pastures
Background 18
Elite Block
Lamb And Ewe Lick
Master 20
Cattle, Sheep and Game Maintenance and Production Blocks
Enerblock
Fosblock
Multi Block 28
Trophy Block
Winter Block 40
Drought Feed
Drought Supplement
Farming Practices
Cattle
Feedlot Finishing: Complete Feeds And Cafeteria Diets
Adaptation Diets
Finishing Diets
Backgrounding: Feedlot Preparation
Dry Pasture
Green Pastures
Cows On Dry Winterveld And Crop Residues: Maintenance Licks
Condition Lick
Dryveld 46
Lick Mix 87
Protein Lick 40
Winlick 50
Winter Block 40
Winter Veld Concentrate
Late Summer Pasture: Transition Licks
Condition Lick
Lick Mix 87
Multi Block 28
Winter Veld Concentrate
Late-Pregnant Cows At The End Of Winter: Production Licks
Condition Lick
Enerblock
Lick Mix 87
Master 20
Multi Block 28
Protein Lick 40
Winlick 50
Winter Veld Concentrate
Preparation Of Bulls: Auctions And Shows
Cafeteria Diets
Complete Feeds
Rearing Of Weaner Calves On Dry Winter Veld: Production Licks
Condition Lick
Enerblock
Lick Mix 87
Master 20
Multi Block 28
Protein Lick 40
Winlick 50
Winter Veld Concentrate
Rearing Of Weaner Calves On Green Summer Veld: Production Licks
Background 18
Condition Lick
Master 20
Summer Green Pasture: Maintenance Lick
Fosblock
Foslick
Sheep
Feedlot Finishing: Complete Feeds And Cafeteria Diets
Adaptation Diets
Finishing Diets
Early And Mid Pregnancy: Maintenance Licks
Condition Lick
Master 20
Multi Block 28
Wool Master Concentrate
Wool Sheep Lick 28
Finishing On Pasture: Production Supplement
Green Pasture
Flush Feed: Production Licks
Condition Lick
Enerblock
Master 20
Late Pregnancy And Early Lactation: Production Licks
Enerblock
Master 20
Multi Block 28
Wool Master Concentrate
Wool Sheep Lick 28
Preparation Of Rams: Auctions And Shows
Cafeteria Diets
Complete Feeds
Rearing Of Young Ewes And Rams: Production Licks
Background 18
Condition Lick
Enerblock
Master 20
Multi Block 28
Wool Master Concentrate
Wool Sheep Lick 28
Dairy Cattle
Dairy Cows: Lactating And Dry Cows
Dairy Meal Mixtures
Dry Cow Mixtures
Rearing Of Dairy Heifers: Day 1 To Steam-Up
Calf Grower Diet
Calf Starter Diet
Heifer Mixed Concentrate
Game
Lick Supplements: Maintenance Licks
Dry Pasture
Green Pasture
Feed Trough, Creep Feed Pen Measurements

 

Dr Vlok Ferreira

Nasionale Tegniese Bestuurder Herkouers, RCL Foods

 

Voeding beïnvloed verskeie aspekte van wolproduksie.  Normaalweg produseer die skaap minder wol as waartoe hy geneties instaat is.  Hierdie verskil kan hoofsaaklik aan voedingstekorte in bv. energie en proteïen (kwantitatief en/of kwalitatief) toegeskryf word.  Wolgroeitempo kan tussen 4.5 en 19.5 g skoonwol/dag varieer.  In die praktyk is ‘n daling in wolproduksie gewoonlik die resultaat van ‘n vermindering van en ‘n daling in die verteerbaarheid van die beskikbare weiding.

 

Voerinname het ‘n invloed op beide vesellengte en veseldikte, terwyl veseldikte gewoonlik tot ‘n groter mate beïnvloed word.  Met ‘n verlaging in die gehalte van weiding kan daar ‘n aansienlike verfyning van die vesel plaasvind.  Navorsers het ‘n 7 mikron verskil in veseldikte oor ‘n 8 maande periode a.g.v. voeding waargeneem.

 

‘n Verandering in liggaamsgroeitempo vind onmiddellik plaas na ‘n verandering in rantsoen kwaliteit en kwantiteit.  Hierteenoor kan ‘n tydperk van tot 24 dae verloop voordat ‘n 100 % verandering in wolproduksie a.g.v. ‘n verandering in voerinname plaasvind.  Indien skape dus van swak na goeie weiding verskuif word, word die verhoogde weidingsinname egter nie onmiddellik in ‘n hoër wolproduksie gereflekteer nie.  Die rede is dat ondervoeding ‘n tydelike vermindering in die aantal aktiewe wolfollikels en/of ‘n verlaging in die groeitempo in die wolfollikels tot gevolg het.  ‘n Vyf kilogram afname in ooie se gewig oor ‘n 6 maande tydperk, het 10 % van die wolfollikels onaktief gemaak, terwyl dit 40 % was in die geval waar hul 10 kg verloor het.  Op ‘n hoë voedingspeil het dit 12 weke egter geneem voordat wolgroei weer normal was in die ooie.  Die vermindering in wolproduksie a.g.v. voedingstres is tweeledig naamlik:  1/3 afname a.g.v. ‘n afname in veselaantal en ‘n 2/3 afname a.g.v. korter en fyner vesels.  So ‘n voedingsverfyning kan maklik tot tenger wol aanleiding gee, met groot negatiewe finansiële implikasies vir die produsent.

 

Tydens dragtigheid en laktasie vind ‘n afname in wolproduksie plaas a.g.v. die kompetisie vir beskikbare voedingstowwe vir fetusgroei en melkproduksie wat wolgroei onderdruk.  Op ‘n lae voedingspeil by die dragtige ooi sal die nadelige effek baie groter wees as op ‘n normale voedingspeil.  Die daling in wolproduksie gedurende die laaste 80 dae van dragtigheid kan tot 30 % gemiddeld beloop, terwyl die jaarlikse vermindering in ruwolproduksie gemiddeld 7.5 % is.  Hierdie verlies in wolgroei kan tot ‘n minimum beperk word, deur te verseker dat die ooi nie massa verloor in laatdragtigheid nie.

 

Die invloed van laktasie op wolgroei is meer dramaties as die van dragtigheid.  Die effek daarvan kan egter deur optimale voeding tot ‘n minimum beperk word.  Die jaarlikse ruwolproduksie is 5-8 % laer in enkeling ooie, terwyl 10-15 % laer by ooie wat tweelinge soog, teenoor ‘n droë ooi.  Die grootste gedeelte van dié verlaging vind gedurende die eerste 6 weke plaas en verminder tydens laat laktasie.

 

Skape wat as tweelinge gebore word, produseer ±4 % minder wol as dié wat as enkelinge gebore word.  Onder optimale voedingstoestande is die verskil selfs kleiner, terwyl veseldikte nie beïnvloed word nie.

 

Die voedingsbehoeftes van ooie onder koue toestande, pas nadat hulle geskeer is, kan met tot 75 % toeneem.  Die wolgroeitempo kan met tot 48 % toeneem kort na skeer a.g.v. die skaap se hoër voerinname (tot 20 %) en dus die hoër voedingstofbeskikbaarheid in die vel vir wolgroei, om aan hierdie verhoogde voedingsbehoefte na skeer te voldoen.