Afrond van ou koeie  (2014)

Products
Energy
Molasses Meal
Natural Protein Concentrate
Bypass
Fattening
Beef Fat 33+
Feedlot Concentrate
Sheep Fattening/Calf Concentrate
Dairy
Dairy Master Concentrate
Pro 16
Sheep Fattening/Calf Concentrate
Cattle and Sheep Maintenance and Production Lick Mixtures
Condition Lick
Dryveld 46
Foslick
Lick Mix 87
Protein Lick 40
Winlick 50
Winter Veld Concentrate
Wool Master Concentrate
Wool Sheep Lick 28
Production Supplements, Energy, Finishing and Rearing on Green Pastures
Background 18
Elite Block
Lamb And Ewe Lick
Master 20
Cattle, Sheep and Game Maintenance and Production Blocks
Enerblock
Fosblock
Multi Block 28
Trophy Block
Winter Block 40
Drought Feed
Drought Supplement
Farming Practices
Cattle
Feedlot Finishing: Complete Feeds And Cafeteria Diets
Adaptation Diets
Finishing Diets
Backgrounding: Feedlot Preparation
Dry Pasture
Green Pastures
Cows On Dry Winterveld And Crop Residues: Maintenance Licks
Condition Lick
Dryveld 46
Lick Mix 87
Protein Lick 40
Winlick 50
Winter Block 40
Winter Veld Concentrate
Late Summer Pasture: Transition Licks
Condition Lick
Lick Mix 87
Multi Block 28
Winter Veld Concentrate
Late-Pregnant Cows At The End Of Winter: Production Licks
Condition Lick
Enerblock
Lick Mix 87
Master 20
Multi Block 28
Protein Lick 40
Winlick 50
Winter Veld Concentrate
Preparation Of Bulls: Auctions And Shows
Cafeteria Diets
Complete Feeds
Rearing Of Weaner Calves On Dry Winter Veld: Production Licks
Condition Lick
Enerblock
Lick Mix 87
Master 20
Multi Block 28
Protein Lick 40
Winlick 50
Winter Veld Concentrate
Rearing Of Weaner Calves On Green Summer Veld: Production Licks
Background 18
Condition Lick
Master 20
Summer Green Pasture: Maintenance Lick
Fosblock
Foslick
Sheep
Feedlot Finishing: Complete Feeds And Cafeteria Diets
Adaptation Diets
Finishing Diets
Early And Mid Pregnancy: Maintenance Licks
Condition Lick
Master 20
Multi Block 28
Wool Master Concentrate
Wool Sheep Lick 28
Finishing On Pasture: Production Supplement
Green Pasture
Flush Feed: Production Licks
Condition Lick
Enerblock
Master 20
Late Pregnancy And Early Lactation: Production Licks
Enerblock
Master 20
Multi Block 28
Wool Master Concentrate
Wool Sheep Lick 28
Preparation Of Rams: Auctions And Shows
Cafeteria Diets
Complete Feeds
Rearing Of Young Ewes And Rams: Production Licks
Background 18
Condition Lick
Enerblock
Master 20
Multi Block 28
Wool Master Concentrate
Wool Sheep Lick 28
Dairy Cattle
Dairy Cows: Lactating And Dry Cows
Dairy Meal Mixtures
Dry Cow Mixtures
Rearing Of Dairy Heifers: Day 1 To Steam-Up
Calf Grower Diet
Calf Starter Diet
Heifer Mixed Concentrate
Game
Lick Supplements: Maintenance Licks
Dry Pasture
Green Pasture
Feed Trough, Creep Feed Pen Measurements

Oorsig

 

Gedurende 2014 is ‘n studie is gedoen om te bepaal of ou koeie suksesvol afgerond kan word met verlaagde kragvoerinname.  Hoewel verlaagde kragvoerinnames wel diere kon afrond het hierdie rantsoene ekonomies wesenlik swakker presteer. ’n Standaard aftondrantsoen soos gevoer vir speenkalwers het by die beste ekonomies presteer vir die afronding van ou koeie.  

 

 

  1. Agtergrond

 

Die afrond van ou koeie wat hoofsaaklik as C3 en vetter bemark word is ’n algemene praktyk.  Hoewel baie data bestaan vir die beste praktyk rondom afrond van speenkalwers is weinig praktykdata beskikbaar vir die beste afrondpraktyk / rantsoensamestelling vir ou koeie.  ’n Studie is gedurende 2014 onderneem om spesifiek Molatek produkte te gebruik vir die bepaling van die beste formulasie vir afrond van ou koeie. Uiteenlopende rantsoene is gebruik om ’n basislyn neer te sit t.o.v. diereprestasie met verlaagde proteïen en verhoogde veselinsluitings in die rantsoen.

 

 

  1. Doel

 

  • Bepaling van beste afrondrantsoen vir afrond van ou koeie
  • Beste praktyk vir afrond van ou koeie

 

  1. Proefprosedure

 

  • Lokaliteit

 

Die proef is uitgevoer by ’n medewerker met goeie standaard voerkraal praktyke en rekordhouding kapasiteit. Die studie is gedoen te Koppies in die sentrale binneland van Suid – Afrika gedurende die laat winter van 2014. Diere is onder normale voerkraal toestande met voldoening aan die kode vir beste voerkraalpraktyk gevoer.

 

  • Diere

 

Meduimraam uitskotkoeie uit ’n kommersiële kudde in die suid Vrystaat is gebruik. Die kudde is bestuur word volgens goeie veekundige praktyke waarvan dragtigheids ondersoeke gedoen word en droë diere uitgeskot word.  Hoewel hoofsaaklik ouer diere was dit nie swak slytbekkoeie gewees nie maar diere wat uit die kudde geskot is weens hul dragtigheidstatus.   Figuur 1 toon die proefdiere as goeie kwaliteit kommersiële diere wat maer was weens kalwers wat net afgespeen was en ‘n ruvoertekort.

 

 

 

 

Figuur 1. Koeie in studie gebruik.

 

 

 

 

  • Behandelings

 

Diere is ewekansig in drie groepe verdeel met 19 diere per groep. Tabel 1 toon die onderskeie rantsoene. Gepoelde monsters van die onderskeie behandelings is oor die voertydperk ewekansig versamel om formulsies te bevestig wat op standaard gevind was. Geen implantaat is gebruik nie.

 

Weens praktiese bestuur en benutting van data in lesings sal na die onderskeie behandelings in kleurkodes verwys word.

 

  • Die Groen behandeling se beginsel was ’n rantsoen met verlaagde proteïen waarvan die energiewaarde hoog gehou is met hoër ruvoerinsluitings om die totale kragvoerinname te beperk.
  • Die Rooi behandeling is ’n standaard afrondrantsoen soos wat vir speenkalwers in ’n voerkraal gevoer sou word.
  • Die Grys behandeling is ’n rantsoen met verlaagde proteïen sowel as energiewaardes met hoë ruvoerinsluitings en geen ionofoor.  Beginsel was ’n lae koste rantsoen om volwasse koeie wat ruvoer gewoond was koste effektief af te rond.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tabel 1.  Rantsoene: Fisiese en chemiese ontledings op ’n droë materiaal basis

 

Ruvoer benut was voersorghumhooi (soortgelyk aan mieliereste) wat grof gemaal was. Dit is lae kwaliteit ruvoer uit ’n voedingsoogpunt.  Dit is die algemene tipe ruvoer wat beskikbaar is en deur produsente benut word in voerkrale. Figuur 2 gee ’n aanduiding van die ruvoer wat gebruik is.

 

Figuur 2. Ruvoer gebruik vir rantsoene in studie

 

 

 

 

Alle diere is met oorplaaitjies gemerk ooreenstemmend in kleur van die groep waarin hy is met ‘n unieke groepsnommer. Diere is bestuur in kleurgroepe ooreenstemmend met die voerproses waarvan voer in sakke met ooreenstemmende kleure gebruik is.  Diere is ge-ent vir longverwante voerkraal siektes.

 

 

3.4 Data

 

Rekords bygehou:

  • Diere se gewigte, na die aanpassingsfase van 14 dae is diere op ‘n drie weeklikse basis geweeg.
  • Massas is in die voormiddag op volpensbasis geneem.
  • Aantekening van alle voerinnames per groep op ‘n dagbasis
  • Alle slagdata, rumen sowel as long en lewerdata
  • Aantekening van enige abnormaliteite bv. siek diere wat behandel is ens.
  • Diere se skofhoogte is gemeet tydens aanvang van die studie met subjektiewe puntings gedoen vir :
    • Koplengte
    • Oogplasing
    • Haarkleed
    • Raamtipe
    • Beenstruktuur

 

Weens vrektes en praktiese redes is daar diere onbeplan onttek uit die studie.  Hierdie diere is vir die doel van dataverwerking in totaliteit weggelaat uit die studie.  Voerinnames is bereken op ’n geweegde gemiddelde basis vir ’n spesifieke tydperk vir die spesifieke getal diere teenwoordig in daardie tydperk ten einde ’n betroubare beeld weer te gee.

 

Aangesien die ekonomiese ontleding gebruik word as instrument om praktyke met mekaar te vergelyk is alle vrektes en onttrekkings  wat voorgekom het weggelaat in hierdie berekening.

 

Tensy anders vermeld word voerdata op ‘n “As is” basis aangebied aangesien dit die norm is wat op produksie vlak gebruik word.

 

  1. Resultate

 

Die onderskeie behandelings moet elk as ’n praktyk beskou word en kan nie 100% direk met mekaar vergelyk word nie aangesien daar meer as een verandelike is met potensiële interaksies.

 

 

  • Voerinname

 

Water is by rantsoene gevoeg om stof te bind wat vogpersentasie laat varieer het oor die voerperiode tussen 10 – 15%.   Hierdie is aangepas met die geweegde gemiddeld oor tyd.

 

Figuur 3 toon dat die rooi behandeling ’n voerinname van 14.9 kg per dag gehad het teenoor die ander twee behandelins wat beide 16 kg en meer inname getoon het. Die rede hiervoor is nie voor die handliggend maar beide ander behandelings het verlaagde proteien en laer dightheid voer ontvang. Tabel 2 toon die werklike inname van proteïen en energie op ’n droë basis uitgedruk met proteïen innames wat laer is by die groen en grys behandeling. Die groen behandeling het verhoogde energie iname getoon bo die ander behandelings. Dit wil voorkom uit hierdie data dat diere meer vreet om proteïen inname te bevredig. Met die “swakker” rantsoene kompenseer diere  deur meer te vreet.

 

Figuur 3. Voerinname oor tyd op “As is”

 

 

Tabel 2  Proteïen en Energie innames

 

Kg inname / dier / dag  (Droog)
Groen Rooi Grys
DM Iname / dag  (Kg) 14.6 12.9 13.2
Proteïen inname / dag (Kg) 1.47 1.69 1.17
TVV inname / dag (Kg) 11.88 10.78 10.10

 

 

 

 

Tabel 3 toon die kragvoer tot ruvoer verhoudings in die groen en grys behandelings gepoog het om kragvoer inname te beperk. Ongeag ’n 19% ruvoer insluiting in die groen behandeling was voerinname tot so ’n mate meer dat diere meer kragvoer ingeneem het as die 9% ruvoer insluiting by die rooi behandeling. By die grys behandeling wat die laagste voerdigtheid gehad het, het fisiese beperking waarskynlik ’n rol begin speel hoewel totale inname ook hoër was as in die rooi behandeling.

 

 

 

 

 

 

Tabel 3 Kragvoer : Ruvoerverhouding inname

 

 

Rantsoenverdeling
Groen Rooi Grys
% Kragvoer in rantsoen 81% 91% 68%
% Ruvoer in rantsoen 19% 9% 32%
Kg Kragvoer inname / Dag (As Is) 13.6 13.5 10.8
Kg Ruvoer inname / Dag (As Is) 3.3 1.4 5.2

 

Figuur 4 toon die voerinname as persentasie van liggamsmassa van die onderskeie behandelings op ’n droë basis uitgedruk wat data reeds weergegee ondersteun.  Geen abnormaliteite word waargeneem nie behalwe die verhoogde innames van die “swakker” rantsoene.

 

Tabel 4 Droë materiaal inname as % van liggaamsmassa

 

 

 

Van belang om produksie data te verklaar toon figuur 5 die voerinname van die aanpassingsperiode van 14 dae.  Die grys behandeling het veral in week 1 stadig gewees om die rantsoen te vreet met ’n verbetering in week 2. Dit is egter duidelik dat hulle voerinname laag was ten spyte van hoë ruvoerinsluitings. Die groen behandeling se inname was hoog in die aanpassingsfase wat waarskynlik die smaaklikste rantsoen was met hoë energievlakke en lae ionofoor insluitings.

 

 

 

 

 

 

 

Figuur 5. Inname gedurende die aanpassingsfase

 

 

Die voeromsetverhouding van die onderskeie behandelings word in Tabel 4 getoon met die rooi behandeling wat die beste voeromsetverhouding realiseer het. Namate ruvoer toegeneem en kragvoer afgeneem het in die rantsoene, het voeromsetverhouding verswak.

 

Tabel 4. Voeromset verhouding van onderskeie behandelins

 

Groen Rooi Grys
V.O.V (As is)  1 : 9.4 8.2 12.0
V.O.V (Droog)  1 : 8.1 7.2 9.9

 

  • Groei

 

Figuur 6 toon die progresiewe daaglikse toename uitgedruk in kilogram per dag.  Die groen behandeling wat hoë voerinname in die aanpassingsfase gehandhaaf het toon positiewe groei reg van die begin af. Die rooi behandeling het prakties massa gehandhaaf deur die aanpassingsfase.   Die grys behandeling wat swak voerinname in die aanpassing getoon het, het eers massaverlies gehad waarna hul begin groei het.  Dit is bekend dat voerinname in die aanpassing ’n invloed op die res van die voerperiode het.  Hierdie invloed  tesame met ’n laer kwaliteit rantsoen het ’n bydrae tot die swakker diereprestasie van die grys behandeling oor die totale tyd.  Die verskille in diereprestasie het aanleiding gegee dat die grys behandeling 21 dae langer gevoer was as die rooi en groen behandelings ten einde dieselfde slagprestasie te genereer.  Die massatoename van die onderskeie behandelings word opsommend in figuur 7 weergegee met die rooi behandeling wat die beste presteer het teen 1.81 kg / dag. Die groen behandeling het dieselfde diereprestasie as die rooi behaal met 1.8 kg per dag ten koste van ’n verhoogde voerinname. Die grys behandeling se diereprestasie teen 1.33 kg / dag weerspieël die tipe rantoen en inname interaksie wat realiseer het.

 

Figuur 6. Progresiewe GDT van alle behandelings

 

 

Figuur 7. Opsommende groei oor totale tydperk

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  • Slagdata

 

 

Figuur 8 toon dat die uitslag massas van die onderskeie groepe met geen abnormaliteite nie.  Hou ingedagte dat die grys behandeling 21 langer gevoer was.

 

Figuur 8 Koue karkasmassa van onderskeie behandelings

 

Figuur 9 toon die doel om C3 grade te produseer grootliks bereik was. Die grys behandeling het egter ’n skuif na C2 grade getoon wat aanvaarbaar is en verklaarbaar weens die diereprestasie. Die groen behandeling wat laer proteïen inname as rooi realiseer het neig effens na C2 graderings. Die rooi behandeling het tot C 6 graderings realiseer.  Hierdie is in kontras met die verwagting dat die verhoogde energie inname meer vet graderings moet realiseer wat nie gebeur het nie.

 

Figuur 9 Karkasverspreiding

 

 

Figuur 10 toon dat die uitslagpersentasie gewissel het van 48.5% tot 50%.   Hoewel die amptelike berekening van uitslagpersentasie koue karkasmassa oor leepensmassa is, is die uitslagpersentasies in figuur 10 bereken met volpensmassa weens praktiese oorwegings waar diere vir ’n ver afstand moes ry na die abattoir.  Gekorrigeer vir leepensmassa word uitslagpersentasie in die orde van 51%-52% bereken.

 

Vir praktykverwysing kan nie meer van die hierdie uitslagpersentasies selfs tussen behandelings gemaak word as dat C grade ’n uitslagpersentasie in die orde van 50% het nie.

 

Karkasse is op die slaglyn vir visuele verskille tussen behandelings evalueer met figuur 11 wat toon dat geen verskille voorgekom het nie.  Diere is met wit mielies gevoer en by alle behandelings was karkasvet geel wat kenmerkend is van volwasse diere wat op veld produseer het.

 

Figuur 10. Uitslagpersentasies

 

 

Figuur 11 Verteenwoordigende karkasse van alle behandelings

 

Geen rumenbrand of long abnormaliteite is waargeneem nie.  Dier no 32 het entiritis van die laer spyveteringskanaal getoon wat waarskynlik laat ontwikkel het aangesien haar produksiedata binne norme was.

 

  • Liggaams metings

 

Op die uitsondering van die skofhoogte meting wat fisies gemeet was is alle ander parameters ’n subjektiewe punt toegeken deur dieselfde beoordelaar.  Data is binne elke behandeling ontleed en ook gesamentlik oor alle behandelings.  Die tendens by beide wyses van ontleding was presies dieselfde en die opsommende data sal weergegee word.

 

Geen betroubare korrelasie kon op enige wyse gevind word tussen skouerhoogte en groei soos getoon in Figuur 12. Figuur 12 is saamgestel deur groei van laag na hoog te plaas en ooreenstemmende skouerhoogte te plot.  Die liniêre lyn van die skouerhoogte bly horisontaal wat dui dat daar kort en hoë diere is wat goed en swak groei met geen tendens in ’n spesifieke rigting nie.  Die korrelasie is uitgewerk op -.0012 wat nikseggend is en bloot ’n antwoord op die berekening.

 

Figuur 12. Verwantskap tussen groei en skouerhoogte

 

Tabel 5 toon die grootste verskil vir ander parameters gemeet 122 gram / dag was tussen diere se oogplasing wat in die middel van hul kop geplaas was teenoor hoë oogplasings. Dit korreleer met die aaname dat diere wat ’n middel oogplasing het meer effektief is.

 

Die ander metings nl. koplengte, haarkleed en beenstruktuur se verskille was  kleiner.  Hierdie verskille is nie betekeninsvol en variasie kom binne groepe voor. Geen statisties betroubare korrelasie kon binne hierdie studie tussen die parameters gelys in Tabel 5 gelys en diere se groei gevind word nie. Hoewel dit voorkom of sekere groeperings beter prestasie het sal nie aanbeveel word dat hierdie paramaters gebruik word vir voerkraal seleksie nie aangesien korrelasies te swak was.

 

Tabel 5. Visuele beoordelings versus daaglikse toename.

 

Parameter Meting Gram/ dag verskil
Ooghoogte Middel / Hoog Middel 122 beter as hoog
Koplengte Kort /  Lank Lank 60 beter as kort
Haarkleed Glad / Grof Glad 45 beter as grof
Beenstruktuur Grof / Meduim / Fyn Grof & Fyn 73 beter as meduim

 

Figuur 13 toon die prestasie van diere met klein, meduim en groot raamtipes.  Die klein raamtipe het 340 gram per dag swakker as die meduimraamtipe gegroei. Die grootraamtipes het 110 gram per dag swakker as die meduimraamptipes gegroei. Die rooi behandeling het egter ’n reglynige tendens gehad dat soos raamtipe vergroot het, het groei verbeter.  Dit wil dus lyk of rantsoentipe wel hier ’n invloed kon uitoefen. Weereens was daar redelike verskille binne en tussen groepe hoewel tendense selfde was.

 

Figuur 13 Raamtipe versus groei.

 

  • Ekonomie

Vir die doel van hierdie studie is die ekonomiese prestasie die beste maatstaf om verskille tussen behandelings aan te toon uit ’n praktiese aanwendings oogpunt.  Diereprestasie tussen die groen en rooi behandelings is soortgelyk met grys wat ooglopend swakker is. Heersende roumateriaal en vleispryse vir die tweede helfte van 2014 is gebruik vir die berekening.  Die doel is om met ’n standaard inset en uitsetprys te werk wat die verskil in biologiese prestasie in geldwaarde uitdruk.

 

Tabel 6 wat produksiedata opsom en weergee in ’n ekonomiese syfer toon dat hoewel die groen behandeling biologies soortgelyk as die rooi presteer het daar ’n netto inkomste verskil van  R304 per dier tussen die twee behandlings was.  Die rooi behandeling het R648 per dier rand genereer wat deurslaggewend vir besluitneming is.  Die hoofdrywer vir die verskil is die verhoogde voerinname en swakker v.o.v van die groen behandeling.  Die grys behandeling se langer staantyd, verswakte diereprestasie en hoër voerinname dra alles by tot die swakker inkomste as die ander behandelings.

 

Tabel 6. Ekonomiese ontleding

Groen Rooi Grys
Randsoenkoste/rand/kg * R 1.82 R 2.01 R 1.68
Staandae 85 85 106
GDT (Kg/dag) 1.80 1.81 1.33
Voerverbruik Kg / dag (As Is) 16.9 14.9 16.0
Voerverbruik Kg / dag (Droog) 14.6 12.9 13.2
Voerkoste (Rand/kop) R 2 621 R 2 543 R 2 839
V.O.V (As is)  1 : 9.38 8.23 12.00
V.O.V (Droog)  1 : 8.09 7.17 9.91
Koue karkasmassa (Kg) 278 291 280
Uitslagpersentasi % 48.6% 49.8% 50.2%
Netto R 344 R 648 R 216
* Maalkoste van R100/ton ingereken

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  1. Gevolgtrekking

 

 

  • Standaard afrondrantsoen soos aanbeveel in die Molatek handleiding het die beste groei, beste v.o.v., laagste voerinname en beste ekonomie van alle behandelings in die studie realiseer.
  • Deur proteïen te verlaag en energie hoog te hou in ‘n rantsoen wat goedkoper is, is dieselfde groei as met ’n standaard afrondrantsoen behaal maar gelei tot verhoogde voerinname en ’n 50% verlaging in netto inkomste.
  • Deur ruvoervlakke tot so ’n  mate te verhoog in ’n afrond rantsoen met die doel om kragvoerinname te beperk is diereprestasie benadeel, staantyd met 21 dae verlang en ekonomies prestasie 60% swakker as ’n standaard afrondrantsoen.

 

Teen die agtergrond van die studie moet die gevolgtrekking as rigtinggewend gesien word.  Die gebruik van hoë kwaliteit ruvoer sal waarskynlik ’n positiewe invloed op alternatiewe rantsoene hê.  Tydens die studie is ’n aantal subjektiewe waarnemings gemaak wat van praktiese belang is:

 

 

  • Groter diere se onderhoudsbehoefte is hoër en laat minder vir produkise – moet nie probeer spaar tydens afronding nie.
  • Ou koeie se se proteïen behoefte vir afronding is nie laer as speenkalwers (Op persentasiebasis uitgedruk)
  • Standaard Beesvet 33 afrond rantsoen voldoende vir ou koeie
  • Moenie Sny op die kragvoer komponent

 

  • Groepsdinamika is kompleks by ou koeie

 

  • Meer staanspasie, minimum 20m²
  • Meer Vreetspasie min 40 cm
  • Aanpassing langer – leer krippe
  • Obserweer “pecking order” skuif baie dominante diere uit
  • Verhoogde gesondheidsbestuur
  • Eindresultaat het groot variasie a.g.v variasie waarmee begin
  • 80 dae voerperiode – weereens beinvloed deur waarmee begin
  • Vermy koeie met horings !!
  • Mis kom slapper voor
  • Alle karkasse bly geel ongeag die voerperiode
  • Elke 1% vrekte verlaag netto inkomste met 19%
  • Ou koeie kan laminites ontwikkel

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen − 2 =