MOLATEK Melassemeel bevorder optimale produksie

Apr 1, 2024 | General

Melasse het ’n sinergistiese werking in vee se rumen. RCL Foods seveevoerafdeling gee wenke oor hoe om melassemeel doeltreffend te gebruik.

 

Die insluiting van Molatek-melassemeel teen die korrekte hoeveelhede in rantsoene sal optimale diereproduksieprestasie verseker.

Suiker in die vorm van sukrose, glukose en fruktose is die energiebasis van melasse, terwyl stylsel die hoofenergiebron in graan is. Die suiker word binne 12 uur in die rumen gefermenteer. Suiker (melasse) fermenteer die vinnigste, daarna stylsel uit koring en gars, en laastens stysel uit mielies en sorghum. Hierdie sinergistiese werking van verskillende verteringstempo’s tussen melasse en stysel kan in herkouervoeding benut word om optimum diereproduksie te verseker. In die meeste herkouervoer word ureum as proteïenbron gebruik. Daarom is die rol wat suiker speel van groot belang. Die tempo waarteen ureumstikstof in die rumen afgebreek word, is vergelykbaar met dié van suiker. Dit verhoog die benutting van stikstof deur die rumenmikrobes deurdat melasse die mikrobiese aktiwiteit stimuleer. Dié verhoogde benutting bied die voordeel dat die risiko van ureumvergiftiging drasties verminder word.

SINERGISTIESE ENERGIEBRON

Melassemeel word deur Molatek vervaardig uit 75% hoëgehaltemelasse met ’n Brix-inhoud van 84, wat op 25% suikerrietpit geabsorbeer word. Melassemeel vervang 15-18% van die graankomponent en 5-6% van die ruvoerkomponent in ’n vleisbees se voerkraalrantsoen. Die energiewaarde van melassemeel is 10,5 MJ/ME/kg. Navorsing het bewys dat 15-18% van die graankomponent in ’n vleisbees se voerkraalrantsoen vervang kan word met voermelasse. Teen hierdie insluitingsvlak kan dieselfde en selfs beter gemiddelde daaglikse gewigstoename verkry word. Verder kan dus afgelei word dat teen genoemde vlak van insluiting, die energiewaarde van melasse gelyk gestel kan word aan die energiewaarde van mielies. Hierdie energiewaardes geld slegs indien die insluitingspeile in spesifieke rantsoene vir spesifieke spesies korrek is. Melasse of melassemeel kan nie die totale graankomponent vervang nie, maar die sinergistiese werking van die suiker in melasse met ander styselryke energiebronne, lewer uitstekende resultate indien dit teen die korrekte hoeveelhede in rantsoene ingesluit word.

AANWYSINGS

Wend Molatek-melassemeel só aan om ’n gedeelte van die graankomponent te vervang vir verbeterde diereprestasie:
■ Mieliemeel kan met Molatek- melassemeel vervang word tot ’n maksimum inname van 2 kg deur beeste van ongeveer 300 kg en 2,5 kg deur beeste van 400 kg en swaarder.
■ In voerkraalrantsoene vir beeste kan 20-24% Molatekmelassemeel ingesluit word, en 15% melassemeel in voer kraalrantsoene vir skape.■ In rantsoene vir melkbeeste kan 15% Molatek-melassemeel ingesluit word.
■ By perde lewer 2 kg Molatek- melassemeel per perd per dag saam met goeie weiding of ruvoer uitstekende resultate.
■ Gee 2 kg tot 3 kg Molatek-melassemeel vir beeste en 350 g Molatek-melassemeel vir skape as ’n puik aanvullende energiebron op weiding. Dit het ook nie ’n verplasende invloed op weidingsinname soos in die geval van graan nie.
■ Sluit 8% Molatek-melassemeel in volstruisrantsoene in om smaaklikheid en inname te verbeter.

VOORDELE

Suiker as energiebron het ’n sinergistiese werking met ander styselenergiebronne, wat tot verhoogde diereproduksie lei. Melasse is ’n ryk bron van minerale, spoorelemente en veral B-vitamiene – in ’n hoogs opneembare vorm. Molatek-melassemeel is maklik mengbaar en verseker hoëgehaltemelasse in ’n hanteerbare vorm aan die boer. Dit kan in geval van ruvoertekorte ’n noodsaaklike gedeelte vesel in rantsoene voorsien. Molatek-melassemeel verseker ’n akkurater insluiting van melasse in rantsoene. Die produk is baie smaaklik, bind stof en verhoog dus inname, wat regstreeks lei tot beter gewigstoename in die voerkraal en hoër melkproduksie.

 

NAVRAE: Dr. Vlok Ferreira, nasionale tegniese bestuurder vir herkouers by RCL Foods Animal Feed, e-pos: vlok.ferreira@rclfoods.com

Get to know your technical advisors

Contact us for expert advice

Technical support for farmers ensuring good relationships to drive demand through co-ops.

No internet connection.Waiting to reconnect...