Dierevoeding in praktyk – Molatek Meestersklas

Apr 1, 2024 | General

Deur Johan Mouton, bestuurder navorsing en produkontwikkeling, Molatek

Tydens die onlangse kongres van die Weidingsvereniging van Suider-Afrika (WVSA) het die  onderwerp van die beskikbaarstelling van betroubare navorsingsdata vir die eindgebruiker ’n
spontane besprekingspunt geword. Die navorsers was dit eens dat baie waardevolle data by verskeie instansies vir produsente gegenereer word, maar dat die inligting hulle nooit bereik nie. Dit is ’n baie geldige stelling.

Molatek het sy eie navorsingsprogram wat hoofsaaklik fokus op produkontwikkeling, die evaluering van nuwe tegnologie en maniere hoe produkte verbeter kan word. Vrae word voortdurend uit die
mark ontvang oor algemene veekundige aspekte, hoofsaaklik rondom voeding. Proefuitlegte is sedert 2011 gedoen om van hierdie algemene vrae te antwoord. In beginsel beteken dit ’n addisionele behandeling of twee by die primêre studie. Studies word in samewerking met erkende instansies soos universiteite of landbouontwikkelingsentrums gedoen.

Hierdie samewerking is tot al die betrokkenes se voordeel. Werk word wetenskaplik gedoen en soms kry studente die geleentheid vir ’n nagraadse studie. Die Molatekbestuur was nog altyd ontvanklik om fondse te bewillig vir hierdie navorsing wat tot die totale veebedryf se voordeel strek. Samevatting in ’n publikasie Die kennis wat uit hierdie navorsing versamel word, word gebruik om Molatek tegniese adviseurs met kundigheid toe te rus.

Dierevoeding in praktyk – Molatek Meestersklas is ’n samevatting van werk wat sedert 2011 gegenereer is om van die algemene vrae wat ontvang is, aan te spreek. Dit is Molatek se poging om gegenereerde inligting nie as ’n verslag in ’n kas te laat lê nie, maar in bruikbare vorm vir die  veebedryf beskikbaar te stel. Data word op ’n maklik leesbare en interpreteerbare basis aangebied.

Tipiese aspekte wat aangespreek word is byvoorbeeld hoe ’n ou koei se rantsoen moet lyk, asook wat die ideale korrelgrootte met voerverpilling is. Daar is ook inligting oor produksiestelsels soos die impak van kruipvoer oor tyd op netto inkomste versus net fosfaatlek. Molatek vertrou dat hierdie publikasie produsente sal help om ingeligte besluite vir volhoubare diereproduksie te neem.

Die publikasie is beskikbaar via Molatek se webtuiste (www.molatek.co.za) waar daar ’n skakel is om ’n bestelling te plaas.

Of kontak Firefly Publications by epos palberts@telkomsa.net.

Get to know your technical advisors

Contact us for expert advice

Technical support for farmers ensuring good relationships to drive demand through co-ops.

No internet connection.Waiting to reconnect...